Groot gedeeltes van die Christelike lewe is makliker om te sê as om te doen, makliker om te beskryf as om uit te leef. Hier is geen uitsondering nie. Dit is maklik genoeg om te beplan en te belowe en te bid om onbaatsugtig te lewe, maar dit is moeilik om dit oombliklik en dag vir dag te doen. Dit is selfs waar om onbaatsugtig saam te leef met die persoon in hierdie wêreld wat ek die meeste liefhet.
Gister, 28 Maart 2023 is ek en Tania agt jaar getroud. Beide van ons het eers rondom etensuur daarvan onthou en kon ons nie anders as om vir onsself te lag nie. Ons meen dat beide van ons se fokus is die laaste tyd soveel gerig op ons kinders, dat ons dikwels rondom mekaar leef en belangrike gebeurtenisse, totaal vergeet. Plus, ons het gedurig projekte wat ons saam aanpak, soos die verbeteringe op ons huis, die trek van ‘n besigheid, ‘n nuwe studierigting, dat ons weinig saam buitemuurs aktiwiteite geniet. Ons hele lewe, elke minuut, uur, dag, geleendheid, aktiwiteit doen ons saam, of ten minste in die gees, saam, nie altyd fisies nie, dat ons dit nie nodig vind om ‘n ‘date night’ te hê nie (bo-op, dit maak nie altyd vir ons finansieël sin nie, want beide van ons hou daarvan om ‘laag’ te lewe).
So het elke huwelikspaar ‘n verhaal, ‘n manier hoe hulle saamwerk en saam die lewe geniet.
Lees meer Makliker gesê as gedaan